KARKASKOMPETISIE
ALFA-aanlyn 2021-Varkprogram
1 Mei – 31 Augustus 2021
NAMPO/ALFA 2021-Varkprogram op NAMPO Park
30 September – 2 Oktober 2021
Die varkvleisbedryf is een van Suid-Afrika se mees dinamiese bedrywe wat ondanks groot uitdagings, vinnig groei. ALFA het sedert die eerste aanbieding van die ekspo ‘n varkvleisprogram gehad. Dit het baie klein begin en gegroei tot die aanbieding van die grootste varkkarkaskompetisie ooit in die geskiedenis in 2020. Ons gaan bou op hierdie momentum asook die voordeel van NAMPO-park se fasiliteite om van 2021 se NAMPO/ALFA die grootste bedryfsgeleentheid in die varkvleisbedryf te maak die jaar. Die fokus van die varkvleisprogram is om samesyn van die totale varkvleisgemeenskap te bevorder en om prestasiemeting, die gebruik van tegnologie en goeie genetika te bevorder.
IN SAMEWERKING MET

KARKASKOMPETISIE
Varkprodusente regoor SA kry die geleentheid om deel te neem aan hierdie unieke karkaskompetisie, een van die hoogtepunte van die 2021 program. Die kompetisie word by 13 abattoirs in 8 provinsies aangebied. Die lys van abattoirs volg hieronder met die spesifieke slagdatums per abattoir.
DIE DOEL VAN HIERDIE KOMPETISIE IS:
Om varkvleis onder Suid-Afrikaanse verbruikers te bevorder.
Om die karkasgehalte van Suid-Afrikaanse varke te verbeter deur middel van kundiges se terugvoer aan telers.
Vir enige navrae, kontak gerus:
Lené van der Walt
E-pos: lene@envarto.co.za
Tel: 060 542 1769
DIE VOLGENDE FOOIE WORD VAN DIE PRODUSENTE DEUR DIE ABATTOIRS VERHAAL:
R65 per vark (BTW ingesluit)
Inskrywings van opkomende boere word deur SAPPO geborg
KARKASWENNERS WORD IN ELKEEN VAN DIE VOLGENDE GEWIGSKLASSE AANGEWYS:
Porkers | 20kg – 55kg |
Cutters | 56kg – 65kg |
Light Baconers | 66kg – 80kg |
Heavy Baconers | 81kg – 100kg |
Super Vark | Meer as 100kg |
Wenners vir enkel-karkas word in elk van bogenoemde gewigsgroepe aangewys, per abattoir, per provinsie en nasionaal. Die beste groep van vier word ook per abattoir, per provinsie asook nasionaal aangewys. Die nasionale ALFA wenners word op die Bacon breakfast tydens NAMPO/ALFA aangewys.

BEOORDELING VIND OP DIE VOLGENDE DAE BY DEELNEMENDE ABATTOIRS PLAAS:
BEOORDELINGSDATUM |
ABATTOIR |
DORP |
PROVINSIE |
|
13 Julie 2021 | Dinsdag | Zutaten Abattoir | Delareyville | Noordwes |
21 Julie 2021 | Woensdag | Dreamlands Abattoir | Vanderbijlpark | Gauteng |
22 Julie 2021 | Donderdag | Ermelo Abattoir | Ermelo | Mpumalanga |
23 Julie 2021 | Vrydag | Bloemfontein Abattoir | Bloemfontein | Vrystaat |
27 Julie 2021 | Dinsdag | MALU Abattoir (1) | Kimberley | Noord-Kaap |
28 Julie 2021 | Woensdag | Winelands Pork Abattoir | Cape Town | Noord-Kaap |
28 Julie 2021 | Woensdag | RICA Abattoir (1) | Randfontein | Gauteng |
29 Julie 2021 | Donderdag | RICA Abattoir (Opkomend) | Randfontein | Gauteng |
29 Julie 2021 | Donderdag | Ambleside Meats Abattoir | Winterton | KwaZulu-Natal |
30 Julie 2021 | Vrydag | Devon Abattoir | Devon | Gauteng |
2 Augustus 2021 | Maandag | Vereeniging Abattoir | Vereeniging | Gauteng |
3 August 2021 | Dinsdag | RICA Abattoir (2) | Randfontein | Gauteng |
4 Augustus 2021 | Woensdag | Dreamlands Abattoir | Vanderbijlpark | Gauteng |
10 Augustus 2021 | Woensdag | Boston Abattoir | Boston | KwaZulu-Natal |
13 Augustus 2021 | Vrydag | Lydenburg Abattoir (SNV Vleishandel) | Lydenburg | Mpumalanga |
13 Augustus 2021 | Vrydag | MALU Abattoir (2) | Kimberley | Noord-Kaap |
Kalender
DATUM | PROJEK | AKSIE |
3 Mei 2021 | Envarto varkkarkaskompetisie | Kompetisie word aangekondig en uitnodiging word aan produsente gestuur. |
4 Junie 2021 | Envarto varkkarkaskompetisie | Inskrywings sluit |
14 Junie 2021 | Envarto varkkarkaskompetisie | Bevestiging van slagdatums vir Julie |
13-30 Julie 2021 | Envarto varkkarkaskompetisie | Slagting vind by 13 verskillende abattoirs plaas. Abattoir en provinsiale wenners word aangekondig. |
Om te bevestig |
Envarto varkkarkaskompetisie | Nasionale finaliste word op Agri TV aangekondig |
Om te bevestig |
ALFA Bacon breakfast | Ontbyt en prysuitdeling |
ENVARTO VARKKARKASKOMPETISIE
Wees deel van hierdie geleentheid!
Phone
+27 012 664 0532 / 0534
info@envarto.co.za
Office Hours
Monday to Friday
8h00 – 16h30
Location
7 Murati Avenue, Lyttelton Agricultural Holdings, Centurion, 0157, Gauteng, South Africa
PO Box 698, Irene, 0062, Gauteng, South Africa
